Verseker dat jou saadspasiëring en gebruik van kunsmis korrek is
*Tipe kunsmis sal plasingstrategie bepaal
Planter kalibrering
Dit is 'n taak wat jaarliks moet geskied om te verseker dat saadspasiëring en kunsmistoediening volgens plan verloop.
Plantdiepte
Ideale plantdiepte is 5 - 8cm. Vlakker plant as 5cm belemmer wortel en plant ontwikkeling. Plantdiepte het dus ‘n groot invloed op die potensiële opbrengs. Vermy plant as grondtemperatuur laer as 10° Celsius is.
Grondtipe, klimaat en ander faktore kan vereis dat vlakker geplant word as 5cm.
Kalibrering van saadspasie
’n Saadbak word gevul met saad. Trek dan planter in 'n reguit Iyn op 'n harde oppervlakvir ten minste 20m. Die saad op die afgemete 20m word dan weer bymekaargemaak engetel
Veronderstel die beplande plantbevolking benodig 'n saad spasiëring van 37cm in dierye. Dit beteken dat die hoeveelheid saad in 20m: 20m x 100 = 2 000cm ÷ 37 = 54 sademoet wees.
Omgekeer, as 54 sade bymekaar gemaak is op die 20m, is die gemiddelde spasie 20m x 100 = 2 000cm ÷ 54 = 37cm.