Vogpersentasie: Persentasie tussen 8% en 10% blyk die mees geskikste om saad te berg. Baie lae vog kan die ontkieming nadelig beïnvloed en by 0% vog word die kieming vernietig.
Temperatuur: Saad wat geberg word tot die volgende seisoen moet in 'n koel plek geberg word waar die saad die regte vogpersentasie kan behou. Vermy klam vogtige stoorplekke.
Stoorplekke moet redelik dig wees om knaagdiere uit te hou en om insekberoking effektief te maak.
Inspekteer die saad gereeld om seker te maak dat daar nie insekte soos kalander ens. teenwoordig is nie. Pak die saad verkieslik op palette om inspeksie vir rotte en muise
makliker te maak.
Maak seker dat alle veiligheidsmaatreëls nagekom word by insekberoking en plasing van lokaas vir knaagdiere.
Indien saad behandel is met insekmiddels voor plant, mag dit die ontkieming beïnvloed indien dit vir lang periodes gestoor word. Behandel dus net genoeg saad wat in die spesifieke seisoen geplant gaan word. Indien behandelde saad geberg moet word tot die volgende seisoen, doen of laat doen ontkiemingstoets op die gebergde saad net voor planttyd.