Wettiglik Nuusbrief Agente Kontak Ons Proef Resultate Kultivars  Fotos Tuisblad Bekendstelling
English Version >>

United Seeds verskaf hoë kwaliteit saad aan die landboumark. Sedert 2005, kon ons goeie diens lewer aan ons kliënte en kon ons op hulle eie plase bewys dat ons basters wel die eienskappe het wat ons aangedui het. Navrae van kliënte asook probleme is dadelik opgevolg an na die beste van ons vermoë beantwoord en opgelos. Ons jare van ondervinding in die saadbedryf en strewe om topbasters te teel en produseer, het ons klaar die reputasie van beste klein saadproduseerder in Suid Afrika gegee.

ONS WAARDES

Leierskap:

By United Seeds, sal jy die tipe kwaliteit en diens kry wat van leiers in die bedryf verwag word. Ons maatskappy is altyd besig om te verbeter en verander soos ons kliënte se benodighede verander en markaanvraag verander. Met u betrokkenheid by United Seeds is u verseker van die nuutse tegnologie en diens en ontwikkeling.

Spanwerk:

Ons maak dit ons verantwoordelikheid om u en u besigheid te ken. Ons wil nou saamwerk met elke boer en seker maak dat die regte basters vir u plaas geplant word. Ons wil saam met u sukses behaal.

Kliënt Tevredenheid :

By United Seeds is ons hoogste mikpunt om tevrede kliënte te hê. U is belangrik vir ons en wees verseker dat ons die ekstra myl saam met u sal stap vir die sukses van u boerdery. Ons is trots op ons diens aan ons kliënte en wil die standaard altyd so hoog hou. Ons is trots dat ons u van diens kan wees en sal hard werk om u besigheid te bekom en te behou.


ONTMOET ONS PLANT TELERS


Dr Gabor Barla-Szabo PhD

Plant Teler, Saad produksie en kwaliteit spesialis,

Tel: (W):(27) 12 361-4434);

Sel: (27) 83 6471146   

drgaborbarla@gmail.com


Opleiding en Navorsing:

1978:  MSc Doktorsgraad(PhD) van die LandbouUniversiteit van Godollo:

1987:   Kandidaat Lid (Graad) van die Hongaarse Akademie van Wetenskap:

1989:   Besoekende Navorser  USDA, ARS.  Germplasm Quality and Enhancement Lab,  Beltsville,    MD, USA

2017- Ere- Professor aan Szent Istvan Universiteit, Godollo, Hongarye

Betrokkenheid

1975-1981: Junior Navorser, 1977 Hoof van die Laboratorium- Hungarian Plant and Quality Control (MMI), Budapest.

1981-1982:  Mede Professor van die “Department of Plant genetics and Breeding of the HorticulturalUniversity”, Budapest.

 1982-1991: Mielieteelt, Navorser en Projekbestuurder van die “Agricultural Research Institute of the HAS”, Martonvasar, Hungary

1991-1993: Besoekende Professor- Universiteit van Pretoria.

1993-2002  Kwaliteit Beheer Bestuurder van Pioneer Hi-Bred South Africa LTD.

2002-2005  Navorsing en Produksie Bestuurder van Syngenta Seed Co Africa

2005 – Huidig.   Hoof van Plant Ontwikkeling en Saad Produksie van United Seeds

 Spesialiteite:

Plant Teling, tegnologie en metodiek van saad produksie (groei,kondisionering, stoor).  Kwaliteitbeheer.  Uitgebreide ondervinding van saadnavorsing en toetspersele vir genetiese, landboukundige en opbrengsbepalings.

38 Publikasies (sommige in die Crop Science and Seed Science and Technology), Mede skrywer van die “ISTA Vigour Test Methods” Book, 3 internasionale patente.    Teler en mede-teler van baie mielie baster kultivars   Verskeie geregistreerde mieliebasters.  Die baster word bemark is Suid Afrika en lande soos: Zimbabwe, Mozambique, Swaziland,Zambia,Lesotho, Nigeria,Ethiopia en Ghana


Kruger van Wyk


Kommersiële Plant Teler - Navorsing


Sel: (27) 76 990 3656


Epos; kruger@croppro.co.za


Kruger van Wyk het in Januarie 2022 by United Seeds aangesluit. Hy bring 'n magdom landbou- en bemarkingservaring wat opgedoen is uit meer as 11 jaar se werk vir Monsanto/Bayer. Hy sal sy kennis in plantteling as kommersiële teler by United Seeds saam met dr. Gabor bevorder, wat toekomstige groei en volhoubaarheid verseker.


- 2010 – 2015: Magister in  Volhoubare Landbou – Geïntegreerde Boerdery stelsels


- 2004 - 2007: BComm. Bemarking


- 2008: Nagraadse Sertifikaat in Onderwys


- 2014-2019: Verskeie kursusse:


 Plantteling - Wageningen Universiteit & Navorsing (deurlopende)


 Coursera – Plantbiologie 2019


 IP Werkswinkel - Sansor 2018


 PLLS Seminaar - 2017


 SAADWETENSKAP (UP) - 2016


 AVCASA - 2015


 BASOS – 2014


- 2009-2010: Finansiële Assistent by SA Truck Bodies


- 2010-2014: Bemarker by Monsanto Pty Ltd


- 2014-2016: Sleutelrekeningbestuurder by Monsanto Pty Ltd


- 2017-2022: Lisensiëringsbestuurder - Suider-Afrika by Bayer Pty Ltd


- 2022- huidige: Kommersiële Teler by United Seeds CC



Terug na bo